Potte vir Tafelversiering
Adele Reynders
Sel 082 323 2848
Afrikaanse Liefdesverhale met ligte spannings-storielyn |
|
Verdwaalpad na die liefde - Adele Reynders speel in die Klasserie langs die wildtuin af. Marius wil weer vrou vat na dertien jaar. Zelda wil vir Marius vang en Frankie vlug halsoorkop weg van 'n Italiaanse dwelmhandelaar. Vuur van Verlange- is Adele Reynders se eerste regte spookstorie. Daleen Gerber haat prokureurs en Engelse, nadat sy 'n dagboek wat uit die Boereoorlog dateer ontdek het. Thomas Smith is beide en hy het boonop verswyg dat dit op Van Zylsrus spook. (Of weet hy dit regtig nie?) Adele Reynders se boek: Totdat die vet vrou sing... 'n Alternatiewe Operagids is loutere ontspanningsleesstof en baie komies. (Nogal stouterig!) Dis nie regtig 'n operagids nie alhoewel daar deurentyd skuins na die operas verwys word. Dit is ook as 'n eboek vir kindle verwerk deur Trisa Hugo - Boekemakranka en te kry vanaf Amazon. Streng gesproke is nie een van Adele Reynders se Romanza boeke regtig genre getrou nie. Dis meer storie gerig, al seevier liefde tussen die held en heldin op die einde. Sy skryf graag 'n ligte spanningslyn en hou daarvan om dit in Mpumalanga (Laeveld), langs die Krugerwilduin te laat ontplooi. Soos Henk ... 'n man van vele talente wat in Marlothpark gebeur. En op die Sewende dag speel af net Suid van die Krugerwildtuin.
Die slag van Bateleur ... nog 'n spookstorie (met 'n komiese inslag) liefdesverhaal speel weereens in Marlothpark en die wildtuin af. Karakters in Adele Reynders se boeke is effens ouer as wat in die Romanza genre gevra word. Hulle het al die lewe gesien en beleef. Sommige van hulle het kinders. Party was ryk en het verloor. Maar nie een wat geboelie is, bly sit in sak en as nie. In elke boek is daar humor, wat jou positief oor die lewe sal maak en hopelik sal laat uitsien na die volgende bladsy, hoofstuk ... boek. Die volgende drie Romanzas wat deur Lapa uitgegee is, is tans by Kalahari beskikbaar as eboeke. Volmaan en As jy maar weet bgin albei in Marlothpark en Twaalfuurman gebeur in die Hazyview / Bosbokrand omgewing van Mpumalanga. Al drie boeke het 'n ligte spannings ondertoon.
Adele Reynders se liefdesverhale deur Lapa gepubliseer is ongelukkig uit druk. Daar is egter a van die boeke as eboeke by Amazon beskikbaar. Op die sewende dag en Henk ... 'n man van vele talente. As lesers van enige bogenoemde boeke 'n hardekopie verlang, skryf asb aan adelereynders@gail.com
|







Die bosagtergrond is waarskynlik die rede hoekom soveel manne ook hulle tande in die boeke inslaan. Selfs sover as New Zealand en Australie.
Neptunus is Adele Reynders se eerste Amazon Bibi boek en dis ook die boek (naas Totdat die vet vrou sing) wat lesers wat van 'n humoristiese liefdesverhale hou, die meeste geniet het. Die boek se verhaal ontplooi in St Lucia, Zoeloeland, waar Janneke saam met Gerhard en sy span op 'n skiboot uitvaar diepsee toe ... om te gaan visvang!







