Gaan daar hierdie jaar 'n liefdesverhaal / Romanza van Adele Reynders by Lapa verskyn?
Waarskynlik nie. Adele Reynders skryf nie tipiese Afrikaanse liefdesverhale soos wat in die Romanza genre van Lapa aan skrywers voorgeskryf nie. Kritiek teen haar manuskripte is dat sy te eksperimenteel skryf. Te veel aandag aan die storie, te min aan die talmende en groeiende spanning wat tot ewige liefde lei tussen die held en die heldin.
Sy wil skryf wat sy graag lees. Ligte spanning in die agtergrond van die bos. (Krugerwildtuin / Marlothpark omgewing)
Die boek wat vanjaar verskyn is: Totdat die vet vrou sing - Alternatiewe operagids. Dis egter iets heeltemal anders. Dis 'n stoute liefdesverhaal van 'n vyftigjare ongetroude dame (nooit tevore getroud nie) wat desperaat probeer man vang. Maar 'n man van standaard en statuur en daarvoor is haar visier op haar baas, die bankbestuurder. Nie dat sy haarself nie oorgee aan ander kortstondige afleiding op die pad na die volmaakte opera van die lewe nie.
Leonore is 'n romantiese vrou wat die libretto van elke opera uit haar kop ken. Natuurlik sal sy die ooreenkoms tussen daardie stories en die storie van haar lewe raaksien.
Skryf Adele Reynders Afrikaanse hygromans
Ja a! Totdat die vetvrou sing - altenatiewe operagids is nie net 'n hygroman nie. Dit sal jou na jou asem laat snak.
Dit is 'n liefdesverhaal. Leonore Kotze vind inderdaad haar groot liefde in hierdie operaseisoen. Maar helaas, daar is vele afdwaalpaadjies op die pad na haar groot geluk.
Hierdie is 'n Afrikaanse liefdesvehaal in 'n genre wat nie bestaan nie. Dis stout, sonder om walglik te wees. En dit beloof om jou lagspiere te prikkel.
Mens hoef nie regtig 'n kenner of liefhebber van die Opera te wees om die boek te geniet nie, maar die wat wel van opra hou en die stories ken, gaan baie lekker saamlag.
Vra vir die boek by jou naaste CNA of by Graffiti in die Kolonnade. Of bestel dit van die skrywer adelereynders@gmail.com Die boek gaan ook as 'n e-boek beskikbaar wees.
Wat is die titel van die stoutste Afrikaanse liefdesverhaal tot op datum?
Totdat die vet vrou sing - 'n alternatiewe operagids is beslis nie n soetsappige koek en tee storie nie. Dit beloof om jou kuise ouma in haar graf laat omdraai.
En al is Leonore 'n tipiese kantoor dame wat nie skroom om haar kloue in ander mans se vroue te slaan nie, is daar tog op die ou end 'n les te leer.
Elke vrou wil iemand he om lief te he. Ongelukkig is Leonore se metodes nie altyd so rein en onbesproke nie. Enigiemand wat in Bernard bankbestuurder se vroutjie Norma se skoene staan sal lus wees om haar te klap. En enige iemand wat nog soekend is na die ideale lewensmaat gaan op die ou end saam met Leonore juig as sy uiteindelik ...
Hoekom het so baie Afrikaanse skrywers ander beroepe ook? Maak mens nie genoeg geld as jy net skrywer is nie?
Hoekom vra jy 'n vraag en beantwoord die vraag met 'n vraag? Daar is skrywers wat 'n lekker geldjie net uit skryfwerk verdien. Daar is beslis skrywers wat voltyds skryf en goed doen, soos Deon Meyer. Romanza skrywers (en ook die ander skrywers by Lapa en van die ander groot uitgewers soos NB en Malan Media kry 2x per jaar tantieme) of dit baie of min is, skrywers werk self uit hoe hulle dit bestuur en bestee. En of dit baie of min geld is, die skrywers sien baie daarna uit!
Ongelukkig is lesers van Afrikaanse boeke nie so volop nie, behalwe dat daar blykbaar nou oorsese uitgewers is wat bereid is om die boeke na lande uit te voer, waar daar baie Afrikaners woon. Eboeke wen natuurlik ook baie veld. Hopelik kan elke Afrikaanse skrywer binnekort genoeg geld maak om van te leef en hulleself voltyds daarop toespits.
My vrou is in Junie/Julie in Suid Afrika. Is daar al 'n nuwe Adele Reynders op die rakke? Willie Snyman - New Zeeland
Hi Willie
Ongelukkig nie. Daar is wel 'n boek in die pyplyn. Uiteindelik word 'Totdat die vet vrou sing - 'n Alternatiewe Operagids' gepubliseer.
Hierdie stouterige boek word nie deur Lapa uitgegee nie. Ek het lank gebroei oor die boek. Dit gaan oor 'n kantoorslet! Wil nie naam weggooi nie. Maar die boek is lekker komies en die mense wat die manuskrip deurgewerk het, het dit vreeslik geniet en blykbaar lanklaas so lekker gelag oor Leonore en haar Boheemse vriende se eienaardige dinge.
Die boek gaan dalk nie in Julie beskikbaar wees nie, maar ek verneem jy en Mariette kom weer in November Suid-Afrika toe. Die eerste eksemplaar is julle s'n. Belowe!
Adele Reynders
Glo jy in spoke?
Een van jou boeke Vrou in die Roosbedding is 'n 'amper' spookstorie. Glo jy dat daar iets soos spoke is?
Adele Reynders:
Ja, ek glo aan iets soos 'n teenwoordigheid vanuit 'n ander dimensie. Ek glo egter dat nie dat almal hulle kan sien of ervaar nie. Hierdie 'presence' manifesteer hulleself ook net wanneer hulle wil, of nodig het om iets te se. Jy gaan ook nie noodwendig weet dat dit wat jy sien 'n spook is nie.
Ek het die 'spook' van die Alte Feste in Windhoek gesien en met hom gepraat en eers toe my kollegas my begin snaaks aankyk, besef dat dit net ek is wat hom kan sien en hoor.
En dan het ek 'n ou man met 'n avokado groen kabel trui in vriende se huis in Bloemfontein gesien en niemand anders was vanhom bewus nie.
Gaan jy ooit regte spookstories skryf?
Adele Reynders:
Op die oomblik is daar by Lapa 'n manuskrip, Vuur van Verlange. Dis 'n regte spookstorie / liefdesverhaal / spanning gekombineer. Ek wag nog om te hoor of die boek aanvaar word. Dis ietwat onkonvensioneel en glad nie tipies van die Romanza genre nie.
Dan het ek begin met 'n ander manuskrip, Die slag van Marloth, waarin ek beslis 'n spook gaan inskryf.
Maar eers moet die Medisyne man klaarkom. 'n Boek oor human trafficking en tradisonele medisyne.
Nie een van die boeke is egter scary genoeg dat dit vir jou sal voel asof jy nooit weer sal kan slaap nie.
Jy het Pieter Pieterse se moordhuis gekoop. Raak jy nie bang as jy alleen daar is nie?
Adele Reynders: By Pete's Cabin (na Pieter Pieterse vernoem. Hoop Jenny het vrede daarmee!) is daar net vrede. Ek was nog nooit bang daar nie. En as daar 'n teenwoordigheid is, glo ek dat dit ter beskerming is.
Ek het tot nou toe nie 'n alarm daar gehad nie, en die eerste inbraak (ek wil dit nie eens noem nie) was pas op 1 Julie 2011. Miskien het die locals die plek vermy, juis oor die moord daar.
Pete's Cabin is my hart se punt en noudat Francois D in my lewe is, is dit dubbel so lekker om daar te kom. Hy is net so lief vir die bos soos ek.
Het jy Butterfly straat 2387 gekoop omdat die huis aan Pieter en Jenny Pieterse behoort het?
Adee Reynders: Glad nie! Het eers glad nie belanggestel toe ek uiteindelik hoor watter huis dit s nie. Ek het die huis per ongeluk gekoop! Dit het so gebeur:
Huis 2007, nou die Kruger Backpackers lodge was my eerste huis. Dis 'n houthuis, met grasdak en houtheining. Ure se instandhouding, elke keer as ek daar kom. Nadat ek die plek verkoop het, was ek skoon gespanne omdat ek nie meer eiendom in die bos het nie. Koop toe 'n erf, met die gedagte om te bou. Maar toe benodig ek 'n 'homebase' vir boumateriaal en om in te oornag terwyl die werk gedoen word.
Die huisie van Pieter en Jenny Pieterse het in daardie stadium reeds aan Danie Brummer behoort. Hy is Pretoria toe verplaas en het dit aan plaaslike mense uitverhuur. Teen die tyd dat Engela dit vir my aanbied, het dit weer leeggestaan en was in totale verwaarlosing. Aanvanklik was die prys te hoog en my woorde aan Engela was: "As dit die huis is waar Pieter Pieterse vermoor is, stel ek nie belang nie."
Sy het bly karring aan myen die are verkoper, totdat die prys so was dat dit dom sou wees om nie te koop nie. Boonop het die huis nie 'n grasdak nie, wat een van my voorwaardes was. (Instandhouding en brandgevaar). En die huis is lekker diep in die bos.
Op die foto is ek en Francois D (Jody Renza F1 en karrestories skrywer) agter en voor sit Francois M (Kwikwap) en my vriendin van 1967 af Jeanne

Verhuur jy Petes Cabin aan ander uit?
Adele Reynders:
Sien www.marlothverblyf.co.za
Wat Petes Cabin aanbetref ... Soms. Het al. Nie baie graag nie. Die huisie is baie basies. Ek het dit in twee verdeel en huur die stoepkamergedeelte uit. Dit bestaan uit 2 vertrekke, kan so 4-5 mense huisves, wat gewoond is aan kamp. Daar is 'n stort, toilet, wasbak, kitchenette, yskas en ketel. Ons was besig om dit toe te rus, toe is daar 'n inbraak 1/7/2011.
My antwoord dus. Ja, ek sal verhuur, maar gaste moet eie lakens en kussingslope neem. (Daar is matrasse en 'n comforter op die dubbelbed) 4 plastiekstoele, 'n los braaier onder een van die beddens op die stoep. 4 borde, koppies, 'n braaitang, messe en vurke wat jy met ou breinkrag kan buig (LOL)
Stort het een van daardie geysers wat warm maak, soos wat die water loop. Die kombuis se wasbak het op die oomblik net 'n koue kraan wat werk. Dus, om skottelgoed te was, moet jy water van die stort net langsaan neem.
Baie basic! As jy daarvoor kans sien, kan jy daardie deel van die huis teen R250- per nag huur vir 2-5 persone. Op die Marloth verbly webwerf is daar egter huise wat baie beter waarde ir geld is.
Petes Cabin het egter sakkevol karaker, 'n lekker leefstoepie en in die somer gaan die swembadjie werk.
Gaan jy soos Pieter Pieterse 'n werfjoernaal skryf?
Adele Reynders:
Nope.
Daar is net een Pieter Pieterse en ek het feitlik al sy boeke en is mal oor sy lekker gemaklike praat / skryfstyl, maar ek het my eie styl en skryf my eie boeke.
Adele, jy is so mal oor Marloth Park. Hoekom gaan bly jy nie pemanent daar nie? J
A: My ma van 87 bly by my in Pta, dus pendel ek tussen daar en hier. Dis ook baie warm in die somermaande in Marloth.
J: Het jy nie 'n swembad nie? Dog hulle het Pieter Pieterse se liggaam in die swembad gekry.
A: Ek het 'n mini mini klein swembadjie.
Doen Adele Reynders nie meer lapverfpatrone, ontwerpe en illustrasies soos destyds vir Jablo's en Threads and Crafts nie?
Adele Reynders: Ek doen! Nie meer hoofprioriteit nie. Baie van my stempels en patrone is nog steeds onder die Jablo's vaandel in stokperdjie en craft winkels beskikbaar. Ek kry egter nie meer royalties nie (blikskottels!) So ek ontwerp nie meer vir hulle nie.
My eie boekie met 16 lapverfpatrone is steeds beskikbaar. Jy kan dit bestel as jy wil. adelereynders@gmail.com
Threads and Crafts was great, net nie die pad Johannesburg toe nie.
Nou besig om 'n boek te illustreer. Ek se nie maklik nee vir werk nie.
Is spookstories in Afrikaans in aanvraag?
Adele Reynders: Ek weet nie, maar ek hou daarvan om dit te hoor, vertel en om daaroor te skryf.
By Lapa wag Vuur van Verlange. As daar 'n aanvraag is, sal hulle dit waarskynlik oorweeg vir publikasie.
Wat dink jy? Is spookstories in Afrikaans in aanvraag?
Sien jy donner alewig op Facebook rond, Adele. Wanneer werk jy?
Hendriette du Plessis skryf: Ek het jou kortverhale destyds baie geniet. Hoekom skryf jy nie meer so individualisties soos toe nie?
Om 'n perfekte Romanza te skryf, moet die skrywer aan sekere parameters voldoen, Hendriette My boeke slaan reeds dikwels die bal 'n bietjie mis.
Uitgewers van Afrkaanse fiksie publiseer dit wat in aanvraag is. En die Romantiese fiksie (Romanza en Mills and Boone Afrikaans vertaal) beslaan tot 65% van die mark. Lapa publiseer 4 Romanzas elke maand. Lede van Lapa se boekklub kry elke maand 2 boeke en kan die ander 2 bestel. My boeke was tot nou toe altyd 1 van die 'ander' 2. As ek verder afwyk, publiseer hulle dalk nooit weer 'n boek van my nie.
Ek het nou 'n boek by ander uitgewer in die pyplyn, nl: Totdat die vet vrou sing, 'n alternatiewe operagids. Die boek is bestem om 1 Augustus beskikbaar te wees. Maar ek is bevrees 'n paar dames se nekhare gaan rys, as hulle dit lees.
As die boek goed deur lesers ontvang word (touch wood) sal ek beslis my ander twee manuskripte voorle. Ek wil eintlik skryf soos wat ek kuns maak. Lekker en gemaklik met temas wat ek geniet. Gedink mens kan dit kombineer. Dis nie wat die boekklub lesers voor vra nie.
Susan Fourie: Ek dog jy skryf nie hygromans nie. Wat is jou Opera Gids dan? Ek kan nie wag om dit te lees nie
Adele Reynders: Dankie Susan, jy is mos opdie poslys. Totdat die vet vrou sing is ook nie 'n hygroman nie. Hierdie een gaan maak dat mense agter hulle hartpilletjies gaan aangrawe in hulle handsakke!
Wil jy regtig een he? Hehehe
Zelda Venter: Is Leonore 'n regte vrou, of gevoellose heks?
Leonore in Operagids is eintlik 'n baie sensitiewe kunstenaar en operasangeres. Sy soek net liefde en aanvaarding (soos meeste van ons). Sy ervaar net alles in 'n meer oortreffende trap.
Leonore is 'n WARE vrou.
Is dit harde werk om 'n boek te skryf en is dit moeilik om in te kom as Romanza skrywer by Lapa?
Dit het Colleen en Reinette die afgelope paar dae gevra:
Soos enige werk is die skryf van Afrikaanse fiksie, Romanse en Romanzas dedicated harde werk. En jy moet ook nie as vanselfsprekend aanvaar as jy een boek gepubliseer gekry het dat jy die wenresep raakgeloop het nie. Daar is wel riglyne vir Romanzas, maar steeds moet 'n skrywer dit inkleur met 'n unieke en interessante storie en lekker karakters wat ek en jy as vriende wil ontmoet en leer ken.
Ek het gehou van jou spookstorie /liefdesverhaal Vuur van Verlange? Hoekom is hy nog nie opdie rakke nie? Ela
Hi Ela
Vuur van Verlange is nog nie goedgekeur deur Lapa nie. Wag nog in spanning, maar dit raak nou lank. Dankie dat jy vir my die manuskrip gelees het. Ek het binnekort vir jou nog 'n spookstorie / liefdesverhaal om vir my te proeflees.
'Slag van Marloth' Soos my vorige boeke ook met 'n tong in die kies inslag.
X
Adele
Hoekom s jy nie skaam om te erken dat jou boeke nie regte Romanzas is nie?
Want e leer nog om regte Romanzas te skryf. Ek probeer baie hard - Adele Reynders
Kos stories op eboek duurder as in druk? Wilna
Adele Reynders: Nee Wilna, as ek die dollars na rande herlei, lyk dit vir my of die Afrikaase eboeke by Amazon goedkoper is as in die boekwinkels. Jy moet natuurlik 'n Kindle he om dit te kan ontvang.
Hoeveel van Adele Reynders se boeke is al as eboeke beskikbaar? - Erika
Google Adele Reynders Afrikaanse eboeke en kyk gerus. Ek weet self nie!
Ek het Totdat die vet vrou - n Alternatiewe Operagids gelees. Baie snaaks! Waar kom die idee vandaan? En is dit iemand wat ons ken? Marieta
Adele Reynders: Ek hou van operas en operamusiek. Lees mens die stories, da sien jy dit is presies hoe die lewe ook soms is, met sy ups en downs. Maar anders as die meeste operas wat tragies eindig, het Leonore s'n 'n gelukkige einde.
Hoekom gee Lapa nie meer die hardeband liefesverhale uit nie?
Cecile se sy het baie meer daarvan gehou as van die massaproduksie Romanza's. Die stories was interessanter voel sy.
Adele Reynders: Dankie vir jou kompliment oor Vrou in die Roosbedding! Antwoord: Die hardebande is duur om te vervaardig en Lapa voel hulle het blykbaar nie regtig daarmee geld gemaak nie. Hulle herdruk ook nie somme van die vorige manuskipte nie, dus hou maar vas as daar iets was waarvan jy gehou het. Kyk maar uit by tweedehandse boekwinkels ook.
Is Adele Reynders se Afrikaanse liefdesverhale nou net as eboeke op Amazon beskikbaar? Lisa
Nee Lisa daar word nog 'n beperkte hoeveelheid as boeke gedruk. Ek het nou jou epos adres en sal jou en almal wat navraag doen op my epos adreslys sit en laat weet wanneer nuwes gedruk word. Boeke direk by my bestel kos R55- stuk en ek sal dit vir jou pos.
My boeke deur Lapa gedruk is ookby Kalahari en ander plekke as eboeke besikbaar.
Jy skryf oor ouer helde en heldinne (35+) in jou liefdesverhale Hoekom? Nicolene
Adele Reynder: My lesers is meesal 35jaar en ouer. Ek dink daar is soveel enkel mense in die ouer leesgroep. Beslis nie meer bakvissies nie. Daarom raak my karakters ook nie meer knieelam en stotterbloos verlief nie. (Ek lieg hulle doen soms.) Ek is mal oor jong mense. Maar my vriendekring is ouer as veertig en ek sien mos hoe raak die spul verlief en trou weer. Genoeg inspirasie in hierdie ouderdomsgroep. Gnoeg skrywers vir die jeug.
Gaan Lapa nooit weer 'n Romanza van jou uitgee nie? Sanet
Adele Reynders Jislaaik Sanet, moenie so se nie Natuurlik hoop en glo ek dat Lapa nog van my boeke sal publiseer. Ek voldoen net nie heeltemal aan die hoe genre standaarde wat hulle virdie Romanzas stel nie. Ek het regtig hard probeer, maar sodra die manuskrip klaar is, dan is daar soms weer 'n moord of 'n spook wat dwaal. Dis moeilik om my boeke in 'n kategorie te plaas. Hulle beslis in hierdie week oor my spookstorie, Vuur van Verlange en as hy nie by Lapa slaag nie, sal ek hom aan 'n ander uitgewer voorle. Maar ek hoop Lapa neem dit. Ek neem hulle kritiek regtig ter harte En as dit nie vr Lapa se Charlene, Cecilia en Chanette was nie, et ek lankal ophou skryf.
Nee. Lapa bly die nommer een uitgewer van liefdesvehale. (Vir my altans)
Is Vuur van Verlange gebaseer op 'n ware spookstorie? Cindy
Adele Reynders - Dele van Vuur van Verlange is spookstories wat mense vir die waarheid oorvertel.
Ek glo in spoke. Kortom, ja, Vuur van Verlange is 'n kombinasie van 'ware' spookstorie wat naby Lydenburg en Dulstroom afspeel. Miskien het baie lesers en inwoners van die omgewing dit al self beleef.
Cindy: Ek het toe die boek gelees en dit verskriklik geniet. Veral die Boerboel gedeelte. Jy moet asseblief weer vir ons 'n spookstorie skryf!
Adele: Dankie Cindy. Ek is gefasineer deur die bonatuurlike. Jy sal beslis weer 'n spookstorie van my sien (Dv). Die slag van Marloth is so boek. Maar nou werk ek eers aan die Medisyneman - ook nie standaard liefdesverhaal nie.
Is Vuur van Verlange 'n bangmaak spookstorie? Elna
Adele Reynders - Nee Elna Vuur van Verlange is die tipe spookstorie wat jou, net soos vir die heldin, laat wonder of jy regtig gesien het wat jy sien. Die spoke is alles behalwe moorddadig, eintlik baie liefdevol. Hulle rus net nog nie, want alles omtrent hulle lewens is nog nie afgehandel nie. (Of so blyk dit te wees, namate Daleen meer omtrent Graham Howell en Thomas Smith se lewens agterkom.)
Kry mens interessante Afrikaanse liedesverhale met meer van 'n storie as eboek?
Adele Reyndersse liefdesverhale wat Boekemaranka as eboek op kindle besikbaar maak, is beslis meer storie as liefde! Al oorwin die liefde op die ou end.
Adele se agtergrond is beeldende kunste en kommunikasiekunde. So kombinasie kan nie in 'n genre geblik word nie. Al is haar skryfstyl altyd gemaklik en vloeiend, verskil die onderwerpe en omstandighede waarin haar karakters liefde vind eke keer soos dag by nag.
Sy lees wyd en is nie skaam om deur 'n opspraakwekkende koerantberig geinspireer te word nie. Die muti bedryf, moorde en spoke is deel van ons elke dag bestaan. Dit hoef nie in die boeke in jou keel afgedruk te word nie. Maar dis soms daar!
Ek is Afrikaans en bly in die buiteland. Waar kan ek Afrikaanse liefdesverhale vir kindle kry?
Adele Reynders deur Lapa gepubliseer is op Kalahari beskikbaar. Ander boeke is deur Boekemakranka as eboeke op Amazon beskikbaar gemaak.
Watter Adele Reynders Titels is by Kalahari as eboeke vir kindle beskikbaar?
Die volgende Romanza boeke deur Lapa uitgegee is by kalahari beskikbaar.
Volmaan - Neem Tessa en Jonathan is op 'n vreemde ekspedisie en van aangesig tot aangesig met n trop mensvreter leeus.
Twaalfuurman - Blondekopvrouens word die teiken van 'n moordenaar op 'n klein dorpie in Mumalanga. Is Zirkia dalk sy volgende slagoffer? Mathys de Waal se knorrige antagonisme jeens vrouens, maak hom nie juis 'n geliefde karakter in haar nuwe vriendekring nie. Al is hy so mooi soos 'n Colgate advertensie held, glimlag hy nooit. En Zirkia hou nie van suurknolle nie.
As jy maar weet - Rika doen haar meer etniese skilderye onder die skuilnaam Nonyana. Maar nou wil die koerante 'n gesig by die naam sit. Is Adriaan een van die beleggers wat dringend wil verhoed dat oorsese beleggers uitvind dat dit eintlik Rika Smit is? Adriaan die sexy donkerkop man wat haar eiendom in Marlothpark op 'n gesteelde BMW motorfiets binneval.
Adele se liefdesverhale is gemik op lesers 35+
Ons sit in die buiteland en verlang na Suid-Afrika. Watter eboeke kan ons lees met 'n lekker Suid-Afrikaanse kleurtjie?
Adele Reynders se boeke laat jou terugverlang na die Krugerwildtuin en Suid-Afrikaanse bos. As jy maar weet en Volmaan speel in Marlothpark af. Twaalfuurman in Bosbokrand omgewing, naby die Numbihek. En die karakters word jou Afrikaanse vriende, saam met wie jy kan vleisbraai en 'n glasie klink. Hierdie drie titels is by Kalahari beskibaar en kom uit die Lapa stal.
Boekemakranka is verantwoordelik vir die Amazon verwerkings van Verdwaalpad en Vuur van Verlange. En hou dop vir Medisyneman wat voor die einde van Augustus s verskyning maak
Watter boekwinkels in Pretoria verkoop Adele Reynders se onafhanklike titels?
Die volgende nuwe Adele Reynders boeke is vanaf 16 Augustus by Graffiti in Kolonnade Zambesi beskikbaar: Totdat die vetvrou sing -'n Alternatiewe Operagids, Verdwaalpad na die liefde en Vuur van Verlange
Is Graffiti die enigste boekwinkel wat Adele Reynders boeke verkoop?
CNA en verskeie van die groter boekwinkels verkoop titels wat deur Lapa vrygestel is. In die stadium hou Graffiti die Adele Reynders boeke wat deur Groep7 gedruk en gebind word in voorraad. Ander boekwinkels kan ook met Groep7 skakel as hulle dit op die rakke wil hou. Lesers is welkom om by Graffiti te gaan inloer.
Waar kan ons kommentaar op Adele Reynders se liefdesverhale en storieboeke lewer?
Isabel, skryf asseblief 'n epos aan adelereynders@gmail.com Ek stel enige kommentaar en kritiek positief en negatief hoog op prys. En ek weet mens kan nie alle lesers al die tyd tevrede stel nie. Ek wag in spanning om te hoor wat jo opinie is.
Isabel se epos: Ek het Totdat die vet vrou sing 'n Alternatiewe Operagids gelees. Dis heetemal anders as jou ander boeke, maar toe die storie my eers gryp, kon ek die bek nie neersit nie. Ek het amper deurnag gelees en so gelag dat my man my sitkamer toe gejaag het. Dis amptelik een van die snaakste (komies en enigmatiese) boeke wat ek nog gelees het. Skryf nog so een, toe!
Adele Reynders: Isabel, dankie. Ek was vreesbevange na jou eerste kort epos. Gedog ek het iewers n bal misgeslaan.Bly vir elke mens se glimlag.
Waar kom jou idee vir Totdat die Vet vrou Sing -opera vandaan? Op kindle gelees. So flippen snaaks -Willie
Dankie Willie. Ek het dit lank terug begin skryf. Net gevoel dit loop so lekker saam met die operas. Dis nie net snaaks nie ... dis stout ook! Kan einlik self nie glo dat ek so gewaagde boek op die net losgelaat het nie ... Leonore s nie 'n voorbeeld vir ons kindertjies nie. Veral die La Boheme scene op Oujaarsaad nie.
Hoe gaan ek weet as daar 'n nuwe boek van Adele Reynders verskyn? Yvonne
Hi Yvonne, ek post dit maar gewoonlik op facbook. En Graffiti in Kolonnade onderneem ook om die nuwe boeke op hulle rakke te hou. En as jy so af en toe op hierdie webwerf kom loer, sal jy dit ook sien.
Arikaanse liefdesverhale klub vir lesers 35+ en 40+
Elbie skryf sy bly op 'n klein dorpie. Sy verkies boeke bo die elektroniese media. Sy vra: Wil jy nie maar 'n klub begin met liefdesverhale vir ouderdomsgroep 35+ nie?
Adele Reynders: Elbie nee jongie! 'n Klub verg te veel administrasie. Ek stuur vir jou die Vuur van Verlange-boek waaroor jy navraag gedoen het. Baie dankie. Koste is R50- vir die boek en ek sal vir jou laat weet hoeveel die posgeld is. As enige ieman anders harde kopie boeke er pos wil ontvang, stuur vir my 'n epos na adelereynders@gmail.com
Ek is ook besig om 'n eposlys saam te stel van lesers at gereeld my boeke lees en dit ook deur die pos wil ontvang. Elbie, ek sit jou naam nou op die lys en sal vir jou op die hoogte hou van nuwe boeke. Baie dankie weereens vir jou navraag.
Het jy geweet dat dit regtig in Lydenburg, Dulstroom, Belfast en op ander plekke in die Hoeveld spook?
Lizette vra of Adele Reynders se boek Vuur van Verlange op 'n werklike spook legende gebaseer is.
Gedurende die Boereoorlog en rondom 1899 en vroeg 1900 was die Hoeveld 'n slagveld. Vrouens en kinders is weggevoer na konsentrasiekampe en met plaashuise wat afgebrand en geplunder is, is baie veglustige manne se gees vroeg in die oorlog gebreek. Ek kan my net indink met hoeveel bitterheid party mense sou sterf.
Lizette,
Die boek is wel uit twee spookstories gebore waarvan ek te wete gekom het. Ek het egter nie self met die karakters kennis gemaak nie. Miskien herken nog meer lesers die Ruiter van die koue Hoeveld in die 'spook' liefdesverhaal: Vuur van Verlange. 'n Ruiter wat iewers oor die yskoue spierwit gerypte oppervlakte van 'n grasperk galop ... sonder om 'n spoor agter te laat. Of grasieus pronk, asof dit vasgevang is in 'n vreemde simfonie vanuit 'n ander dimensie.
Dalk het jy ook al die groot wit Boerboel hoor ween op 'n volmaan aand, daar naby Machadodorp.
Gaan kuier in die omgewing en kom agter spoke is nie vreesaanjaend nie. Net so verskriklik alleen ...
Groete Adele
Ek bly in New Zeeland en lees graag stories wat in wildtuine afspeel. Hoeveel van jou boeke het die Krugerwildtuin en 'wildlife' as agtergrond?
Adele- Jou stories loop lekker vinnig en sonder nonsens. Ek as man kan dit ook lees sonder om in soetsappigheid te walg. As 'n man nog enmaal 'n vrou se voete of tone in 'n boek vryf, word dit vuurmaakhout! Groete Chris.
Hi Chris. Dankie, dis my passie om die Afrika bos as skilderdoek te gebruik vir my liefdesverhale. Min speel in die Krugerwildtuin self af, maar verskeie boeke maak 'n draai in die wildtuin. Omtrent almal is bossies (LOL) My karakters in As jy maar weet, Volmaan en Man van vele Talente woon in Marlothpark.
As jy maar weet en Volmaan is by Kalahari besikbaar as e-boek. Man van Vele talente sal binnekort by Amazon wees.
Ek sien jy het Twaalfuurman en Verdwaalpad na die Liefde gelees. Dankie vir jou mooi woorde. Iemand anders kan die storie seker beter skryf as ek, voel ek. Daaro dankie dt jy dit gelees en geniet het netsoos dit is
Wie is die skrywer wat in die grootste behoefte van liefdesverhale vir lesers 35+ voorsien?
Al Adele Reynders se boeke is gemik op die lesersgroep vyf en dertig en ouer. In so mate dat die kenmerk 35+ vn nou af op die voorblad aangebring word. Daar is n reuse behoefte by effens ouer lesersom nie meer met sprokies vermaak te word nie. As jy nie meer twintig jaar oud is nie, maar nog in die liefde glo, lees gerus hierdie soms komiese / spannende, vinnig bewegende liefdesverhale. Veral Man van Vele talente is 'n boek wat lesers lekker laat giggel het.
Adele se boeke is by Graffiti in die Kolonnade beskikbaar, of as eboeke by Amazon en Kalahari
Will Adele Reynders' books be translated in English?
Thank you for asking Julie. Three of Adele's books are currently being translated and will soon be available for kindle at Amazon.
One is the very popular Man of many Talents about a couple living and falling in love in Marloth Park.
On the seventh day and Detours to love also take readers so close to the Kruger National Park, Timbavati and the Crocodile river n the southern part of Kruger Park, one can almost here lions roar, whilst reading it!
Wie gee Adele Reynders se liefdesverhale en stories in boekvorm uit?
En wie versprei Adele Reynders se nuwe boeke na die boekwinkels se rakke? Vra Amanda.
Amanda ek het amper op my rug gval oor jou vraag. Op die oomblik word dit nog deur geen amptelike uitgewer 'uitgegee' nie. Boekemakranka doen die eboek gedeelte. Dit het basies nog nie by my opgekom dat dit dalk iewers in verskeie boekwinkels op die rakke kan wees nie. Op die oomblik laat ek net genoeg druk by Groep 7 vir bestellings vanuit my webwerf en daar gaan soms van die harde kopiee na Graffiti boekwinkel toe. As Pretorianers vra, stuur ek hulle reguit Graffiti toe. As die persoon op 'n ander plek bly, pos ek dit vir hulle.
Wie ontwerp Adele Reynders se oulike buiteblaaie?
Vra Marietjie. Sy is besig om 'n wenke boek te skry en is opsoek na 'n illustreerder.
Marietjie, ek wou eers nie die woord 'oulik' in jou vraag herhaal nie. Maar toe dog ek dis 'n blerrie nice kompliment en ek moet vir jou dankie se daarvoor.
Marietjie ek doen my eie ontwerpe. Ek was lank kunstenaar, ontwerper en illusteerder by tydskrifte, jablo's, ens. Maar ek is nou voltyds besig om prentjies met woorde te skryf. Ek maak my eie voorblaaie teken vir die pret en dit is DIT. Ek doen nie meer opdragwerk nie. - Adele Reynders
When will Aele Reynders' love stories be translated in English?
Julia, Henk ... a talented man! location Marloth Park near Kruger National Park. And Detours, location the Timbavati andKlasserie also close to Krugerpark will be translated in English, and on Amazon before the end of October.
I lbought the book Neptune and the PI on smashwords and loved it. Are there any other Adele Reynders books in English available? June
Three more Adele Reynders English books will be available on Smashwords before te end of October. Look out for her first Ghost story, Flame of Devotion. Its a contemporary ghost story, with a connection to the 'Anglo Boere oorlog.' The other book has Marloth Park as location. Just enough suspense to keep you reading untill the last page. Detours to Love is a book with the Timbavati as setting, where Marius van der Walt is a game warden. Together with Marius and Frankie, you will experience a wilderness walk and encounter lions in the wild!
Totdat dievet vrou sing - 'n alternatiewe operagids wasdie snaakste en oulikste boek wat ek nog gelees het. Can you please translate it in English as well? Coba
We are definitaly considering it, Coba. You weren't the first one to ask. The title will probably be Untill the fat lady sang - an alternatve Opera guide.
It is a naughty book: Leonore wanted to be married before her next birthday. She just needed to find a suitable husband. She had one in sight, but her longtime office affair was still married to someone else.
Leonore could have been a very successful opera singer, if it was not for the fact that someone dropped her a long time ago. On a daily basis she could see the resemblance between het short lived love affairs (in her search to find mister Pefect!) and the operas. Passionate, but short lived and almost always with a sad end.
But the story of Leonore's last opera has a happy ending.
Fat lady - Opera guide, by Adele Reynders is sometimes hilariousy funny, according to some readers who bought Totdat, the Afrikaans version from Amazon.
I am totally surprised at how cute Adele Reynders' little book Neptune and the PI was.
I purchased Neptune and the PI from smashwords because the love story takes one to St Lucia and out on a ski boat. I am a keen deep sea angler.
After reading Neptune and the PI, I will buy more Adele Reynders books. I loved the English version, though I am actually an Afrikaans guy.- Piet van Vuuren
Piet you don't have to wait for the English translations of the other Adele Reynders books, as she wrote many books in Afrikaans. Afrikaans is her home language. More Adele Reynders books with a combination of love as well as suspense are available from Amazon as well as Kalahari.
As a inhabitant of Marloth Park I would like to see Adele Reynders Marloth Park and Kruger Park stories being translated in English. - Neville
Watch this space Neville! Man of many Talents will be available on smashwords shortly. Join the group Afrikaanse liefesverhale 35+ on facebook, there will be a link from there to smashwords.
This is what Man of many Talents is about: Lana Steenekamp wanted to see lions inside Marloth Park not on the other side of the Kruger Park fence or in Lionspruit. There is also the mystery around her ex husbands laptop. Everybody suddenly seemed interested in its contents. Would someone commit a murder in order to get hold of it?
Hoekom ontwerpe wat gebasseer is op die ou meester?
Maggie Laubser. Irma Stern, Maurce van Esche, Erich Mayer, Maud Sumner, Alfred Krentz, JH Pierneef en Gregoire is net 'n paar helde wat geklassifiseer word as Suid-Afrika se ou kunsmeester. Baie van ons sal nooit kan droom om 'n skildery van enige van hierdie ou meesters te besit nie. Dis duur. As dit ouer as vyftig jaar is val dit onder die wet wat gdenkwaardighede beskerm. Hierdie ontwerpe is geensins bedoel om as oorspronklike werke van die kunstenaars aangebied te word nie. Inteendeel, dit is 'n wonderlike leerskool waardeur jou eie kunservaring verryk word. En jy gaan ook leer dat skildeye wat soms baie eenvoudig lyk, soos onder andere die werke van Maggie Laubser, moeilike is om te maak as wat dit op die oog af lyk.
As jy slegs en Adele Reynders boek mag lees, wat sal jy aanbeveel? Danita
As jy van avontuur gemeng met Romanse hou, lees gerus 'Volmaan' een van Lapa se publikasies wat by Kalahari.com beskikbaar is. Spookstorie 'Vuur van verlange' by Amazon. En die boek wat die beste verkoop het tot nou is Neptunus en die PI. Komies en glad nie 'n normale genre gedrewe boek nie - eerder aternatiewe stouterige leesstof is Totdat die vet vrou sing - 'n Alternatiewe Operagids. Dis vir my 'n moeilike vraag om te beantwoord want elke boek le skrywers na aan die hart. Ek het byvoorbeeld baie lekker geskryf aan Henk... man van vele talente.
Ek wou As jy maar weet - Adele Reynders as eboek by Kalahari koop. Hoekom is die boek net as hardekopie beskikbaar? Erika
Ek weet nie Erika. Vra vir Lapa? LOL Hulle is nou besig om 300 titels e verwerk. Miskien is dit binnekort beskikbaar, as dit een van die gekose titels is. Adele
Adele Reynders, die eboekvoorblaaie wat jy ontwerp het is nogal treffend. Ek werk ook op die oomblik aan 'n eboek en het gewonder of jy vir my 'n voorblad al ontwerp en wat sal dit kos. Ilana Botha
Ilana, baie graag. Vir 'n voorblad min of meer soos myne vra ek R250- Dan is dit net die voorkant, wat 'n ontwerp/foto, die boek se titel en die skrywer se naam insluit. Hier is die voorbeeld van my laaste boek se voorblad: Dokter Pyn in die ... 'n boek wat weereens 'n komiese inslag het.
Baie dankie vir jou navraag - Adele
Adele Reynders is 'n Afrikaanse skywer wie se 13de eboek pas die lig gesien het. Is sy een van die voorste verkopers van Afrikaanse eboeke?
Rika du Plessis en daarna Adele Reynders is Boekemakranka uitgewers se topverkopers van Afrikaanse eboeke. Veral die Bibi boeke - 'n dunner en goedkoper boekie op Amazonis besig om die mark te steel. Albei skrywers is gewild onder die lesers. Gaan loer gerus op die Boekemakranka webblad om meer van die skrywers te wete te kom. Jy kan ook gerus kommentaar gaan lewer oor die eboeke wat jy gelees het op Afrikaanse Liedesverhale 35+
Watter Adele Reynders eboeke is die gewildste?
Gewilde Afrikaanse eboeke van Adele Reynders, volgens verkope op Amazon is as volg: Verdwaalpad na die liefde was vir 2 maande 'n topverkoper Afrikaanse liefdesverhaal. Totdat die vet vrou sing - 'n alternatiewe operagids, is steeds baie gewild en verkoop al sedert Julie 2011 soos soetkoek. Vuur van Verlange is 'n baie gewilde spookstorie en het in verkope kort op Verdwaalpad gevolg. Nog gewilde eboeke wat wedywer vir die vierde plek is Sewende dag, Henk - 'n man van vele talente en Skaakspel met 'n maangod. Reenboogforel kan in Februarie 'n topverkoper word. En die humoristiese nuwe eboek Dokter Pyn in die ... beloof om lesers wat van Totdat gehou het, weereens te laat skaterlag. Die ekonomiese bibiboeke van Boekemakranka is ook besig om die Afrikaanse eboek mark te oorrompel. Lees gerus Neptunus en die stryd om Bateleur. Adele Reynders het stilletjies op die eboek mark horison verskyn en as jy eers een van haar boeke gelees het, wil jy almal lees - se Willie Snyman. Die styl is uniek en dit sal jou nooit as te nimmer verveel nie. Ander gewilde Arikaanse eboeke van Adele is deur Lapa uitgegee en op Kalahari beskikbaar - Sien Twaalfuurman, Volmaan en As jy maar weet. Selfs al het die boek 'n spanningslyn, is die kenmerkende Reynders humor altyd daar. Dis lekkerlees, moeitelose, prettige, vinnig bewegende eboeke, met liefde as hooftema. Speel meesal af in die hartjie van die Suid-Afrikaanse bos, naby die Krugerwildtuin of in Marlothpark.
Grootdruk boeke vir Nasionale biblioteke in Suid Afrika
Daar is steeds geweldig baie navrae vir harde kopie, grootdruk boeke wat by biblioteke beskikbaar is. Mense vra bekommerd of die eboekmark regtig die gedrukte boek gaan vervang en wat gaan gebeur met lesers wat nog nie kindles besit nie. Bibliotekarisse wat opsoek is na Adele Reynders grootdruk boeke vir hulle biblioteke kan gerus 'n epos stuur aan adelereynders@gmail.com Biblioteek gebruikers is ook welkom om van hulle te laat hoor. Lesers van Adele Reynders se liefdesverhale wat gedrukte boeke verlang, stuur 'n epos aan bogenoemde adres. 'n Beperkte hoeveelheid harde kopie boeke is beskibaar @ R45- stuk aan lesers.
Vra 'n vraag
|