Bookmark and Share
Adele Reynders Skrywer
Adele Reynders Skrywer Photo 1 - small

Adele Reynders is 'n skrywer van Afrikaanse eboek liefdesverhale met 'n ligte spanningslyn. Skaakspel met 'n Maangod, Sewende dag en Reenbooforel is maar drie van hierdie lekker billik geprysde Afrikaanse eboeke, maar is saam met Verdwaalpad na die liefde en Vuurvan Verlange al deur menigte kindle eienaars aangekoop en gelees. Daar is al elf Afrikaanse eboeke van haar op Amazon en Kalahari beskikbaar. Toenemende verkope wys dat die skrywer se eboeke besonder gewild is.

Adele Reynders se nuutste eboek Dokter Pyn in die ... word in Februarie 2012 deur Boekemakranka op Amazon vrygestel. En dan volg Clarissa - Clairvoyant wat 'n reeks eboeke gaan wees. Die titel spreek vir homself. Carissa is 'n vrou wat aan voorwerpe raak en dan meer van die eienaar daarvan agterkom as wat hy of syself wil hoor of weet. Waar Dokter Pyn ... en Totdat die vet vrou sing skaterlag humor bevat, is Clarissa 'n heelwat ernstiger boek. En as sy die aantreklike privaatspeurder met die naam Francois Duval ontmoet, is daar boonop potensiaal vir 'n romanse.

Haar kompakte interessante en vinnigbewegende liefdesverhale is gemik op die 35+ groep. Gewone mense, soos ek en jy. Die held en heldin kon jyself gewees het. Hulle is aantreklik, maar nie beeldskoon en brandmaer nie. Is al deur die meule, as miskien tevore getroud, is nie skatryk nie, maar beslis nie versukkeld nie. Oulike mense wa jou vriende en vriendinne word, terwyl jy hulle liefdesverhaal saam met hulle beleef. Adele skryf wat sy self graag lees: avontuur, spanning en baie humor. En soms kom maak daar 'n spook 'n draai in van haar boeke. Adele is rasend mal oor die natuur, die Kugerwldtuin en Marlothpak en daarom kuier of woon haar karakters dikwels in Mpumalanga. Iemand het eenmaal gespot: As daar nie 'n leeu erens in haar boeke brul nie, is dit nie 'n Adele Reynders boek nie.

Adele Reynders se boeke word deur Boekemakranka as eboeke verwerk en is een van hierdie eboek uitgewer se topverkoperskrywers van Afrikaanse eboeke.

Wat die boeke so lekker maak om te lees,is die feit dat daar benewens liefde en romanse ook 'n baie lekker, dikwels aksiebelaaide storielyn is. Mistieke Afrika, mooi plekke en die wildtuin speel 'n groot rol in haar boeke.  

Adele Reynders, Trisa Hugo en Rika du Plessis is ook die eerste skrywers wie se eboeke as Bibi's deur Boekemakranka uitgegee is. Lees gerus Neptunus en die PI en Stryd om Bateleur en geniet die prettige humor in hierdie eboeke. 

Adele is an artist and graphic designer, known for her wedding invitation cards,nature paintings, fabric designs and stamp designs. She worked as a freelance illustrator for Threads and Crafts, Custos(magazine for the National Parks Board) and Toktokkie(magazine of the Wildlife Society)

Adele behaal haar BA Graad deur UNISA met Kommunikasiekunde, Kommunikasiereg en Kunsgeskiedenis as hoofvakke en Suid Afrikaanse Argeologie as 'n groot belangstellingsvak.

Soms vervul sy haar lewensideaal om prentjies te skilder op papier deur middel van woorde. Sy skryf graag romantiese fiksie met 'n spanningslyn. Boeke wat by LAPA beskikbaar is, is: Romein van Timbavati, Man van vele talente, Op die sewende dag, Reenboogforel, Vrou in die roosbedding, As jy maar weet, Volmaan en Twaalfuurman. 

Adele Reynders wrote many books with Marloth Park as backdrop. These books are now being translated in English and will be available as ebooks from Smashwords. If you also love the Kruger National Park, African wildlife and bushlife you will enjoy reading Adele's books. 

Alhoewel Adele in Pretoria woon en werk, het sy haar hart in die bosveld verloor. Sy gaan gereeld na haar huis in Marlothpark toe, waar sy haar batterye herlaai in die natuur. Sy het die huis gekoop waarin die skrywer Pieter Pieterse in 2002 vermoor is, maar vir haar is die atmosfeer daar net vrede en geluk. Die Nasionale Krugerwildtuin is net ander kant die heining, waar die Groot Vyf nog vrylik rondbeweeg.

Pete's Cabin: Huisie kan tot agt persone huisves in twee aparte eenhede - elkeen geskik vir maksimum vier mense. Koste per nag vir elke eenheid is R200- of huur die hele huis vir R400-. My huisie in Marloth

Adele sees herself as an informal ambassador for Marloth Park and also the Kruger National Park, having worked for Sanparks for a number of years.

"Vir my is Pete's cabin in Marlothpark 'n toevlugs-oord en 'n skuilplek. Daar is rus en vrede."

"Op die foto links. Dit was winter, maar gewoonlik is die huis diep verskuil in die bos. Dit voel asof mens alleen op die aarde is wanneer jy daar kuier. Let op na die afdak bokant my bakkie. Dit het gebuig onder die gewig van 'n yslike bobbejaan! Een van die redes hoekom ek 'n sinkdak bo 'n grasdak verkies, is juis die feit dat bobbejane die gras so lekker kan plunder. Onder is die buitestort en swembad."

'n Liefhebbery wat sy van haar pa gekry het, is die versamel en kweek van kaktusse en aalwyne. Elke kaktus is 'n kunswerk op sy eie. Kaktusse vereis ook nie baie aandag en tyd nie. Dikwels vaar die plante beter as hulle net gelos word om op hulle eie te bestaan.

Maar skryf is steeds Adele se grootste passie en met 'n paar Topverkoper eboeke by Boekemakranka is daar geen keer aan haar meer nie. Lees gerus Totdat die Vet vrou sing, Verdwaalpad na die liefde, Neptunus en Vuur van Verlange vier van haar top verkopers. En hou die skakel vir Dokter Pyn in die ... dop. Hierdie is 'n Afrikaanse eboek wat jy nie mag mis nie. Mans en vrouens geniet die humor in hierdie liefdesverhale ewe veel. En soms kan jy jouself daarmee vereenselwig.