
Skrywer Adele Reynders.
Totdat die vet vrou sing - 'n Alternatiewe Operagids is die storie van Leonore Kotze wat graag wil trou voor haar een en vyftigste verjaarsdag. Sy kort egter een baie belangrike bestandeel in hierdie huwelikskoek - 'n Man.
Leonore was op die punt om 'n baie beroemde operasangeres word, toe dinge in haar lewe 'n bietjie (baie) skeef geloop het. Nou bring sy maar die operas na haar eie daaglikse, ietwat saai bestaan. Want eintlik s Leonore maar net 'n gewone vrou opsoek na liefde. En al kry sy dalk nie presies dit waarvoor sy so mooi vra nie, het die boek 'n gelukkige einde. Totdat die vet vrou sing kan gesien word as 'n pittige 'feel good' Afrikaanse boek met 'n ouderdomsbeperking!
Totdat die vet vrou sing is 'n komiese, ietwat gewaagde (stouterige) Afrikaanse boek wat jou lekker sal laat lag.
Bestel gerus jou hardekopie van Totdat die vet vrou sing - 'n Alternatiewe Operagids direk van hierdie webwerf teen die spesiale prys van R55-00 per boek. Epos: adelereynders@gmail.com



