Do it yourself jpeg designs fo wedding cards and boxes.
Maak jou eie kaartjies en geskenboksies met die ontwerpe en skilderye. Jpeg ontwerpe kos R20 stuk. Jy kan dit soveel keer gebruik as wat jy wil.
Kaartjies op die voorbeeld vou so dat dit terselfdertyd dien as koevert. Inligting en foto's van die bruidspaar kan binnein gedruk word, asook 'n roetekaart na julle venue. Die ontwerpe kan op die oulike seskantige geskenkboksies herhaal word. Hierdie kaartjies was by ons wedding yard stalletjie by die Bridal expo 2011 te sien. Ontwerpe kan aangepas word, soos die bruidspaar verkies. En ekstra linte, strikke en ander persoonlike items kan bygevoeg word om julle troukaartjies persoonlik te maak.
Kaartjies kan ook 'n foto van die bruidspaar, asook 'n kaart na die venue bevat. Agterop die uitnodiging word die naam van julle gas/te geskryf en langsaan 'n plat yskasmagneet geplak.
Troukaartjies en geskenkboksies in dieselfde tema s hier uitgestal op 'n hartvormige koekbord. Die unieke pottebakkers koekbord is hangemaak deurAdele Reynders en kom in stelle van drie, van groot na klein.



