
Die kleure van die mosaiek op die potte an julle blomme en ruikers skakel in by die kleurskema van jou troue. Voorstelle van kleure wat nou baie gewild is, is bruin en groen. Rooi en groen. Skerp oranje en agapanthes blou (ja julle lees reg.) Rooipers en bloupers gekombineer. En dan is aardse kleure soos bruin, beige, roes en avokadogroen weer groot nuus. Op hierdie foto's is potte met helder kleure gebruik, maar julle kleurskema is absoluut deurslaggewend met die maak van julle eie unieke tafelruikers en tafelversierings.



