JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Naam & Van
     
  E-pos
     
  Sel nr
     
Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie
  1 plus 3 + 7 = ?
 
Bookmark and Share
Search    


Alternatiewe tafelversierings


 

Dis nie altyd prakties moontlik om blomme te vervoer na huweliksgeleenthede op wildsplase of by afgelee trou venues nie. Blommerangskikkings bly ook nie altyd vars en heel as dit lank voor die tyd gemaak word nie.

En dan is dit ook so dat party moderne bruidspare ietwat uitgekuier is met tradisionele trou ruikers en tafel versierings. Kaktusse in unieke mosaiek of klippies versierde sementpotte, bied 'n verrassende nuwe oplossing. Die ook nie so duur as wat tafelruikers van blomme soos byvoorbeeld rose is nie. Alhoewel rose lyk ook pragtig in hierdie sementpotte met bypassende mosaiekteels.

'n Groepering van hierdie kaktuspotte met kerse tussenin is ook die ideale tafelversiering vir die alternatiewe of moderne bruid. Die potte kan dan ook agterna uitgedeel word as geskenke.

Waar gewone tafelruikers se pryse begin by R250- is hierdie pryse besonder billik. Rangskikking of plant in 'n groot handgemaakte sementpot met versierings van mosaiek en klip in die kleure van jou keuse kos ongeveer R80- stuk. Sommige ontwerpe het selfs plek vir T-kersies.


Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:    
* E-pos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 2 x 20 + one = ?
Antwoord: